Listing Description

Diedericks Ingelyf is n dinamiese firma geleë in Mosselbaai en het sy ontstaan in 1999 te danke aan die stigter, Stephanus Diedericks (Fanie). Die firma is bykans onmiddellik deur Standard Bank se Aktebesorgers-paneel verwelkom. Hierna het Eerste Nasionale Bank en ABSA gevolg. Fanie het dadelik  besef dat daar ’n groot behoefte in die korporatiewe mark bestaan vir unieke regsdienste en sodoende het die firma as regsdiensteverskaffer by verskeie Maatskappye en Instansies  betrokke geraak. Nog ’n mylpaal vir die firma was in 2004 toe Erasmus & Moolman, wat sedert 1989 handeldryf, saamgesmelt het met Diedericks Ingelyf en sodoende verdere kundigheid en ervaring by die Firma gevoeg het. Die Firma verskaf ook litigasiedienste aan groot versekeringsinstansies soos Clientele, Hollard, Europe Assist, Zurich om maar ’n paar te noem. In Februarie 2015 smelt nog ’n Firma, Terblanche van der Berg saam met Diedericks Ingelyf. Terblanche van der Berg was ‘n gevestigde firma wat reeds 6 jaar handel gedryf het in Mosselbaai. Die blote feit dat kollegas hul kragte en kennis saamspan onder een naam dui op die goeie reputasie van die firma.  Die firma is alombekend vir sy hoogste integriteit en professionaliteit  terwyl kliënte ’n diens op gespesialiseerde vlak ontvang.  Ook die plaaslike Munisipaliteit maak van die Firma se dienste gebruik wat betref litigasie en eiendomsoordragte. As hul bydrae tot die gemeenskap doen die Firma reeds sedert 2000 al die plaaslike Owerheid se laekoste behuisingsoordragte.

Extra Info

Here is some extra information text.